BANKBESONDERHEDE
Philadelphia-Gemeente
Bank: ABSA
Bankrekeningnommer:
540580065
Die gemeente erken dat offergawes ‘n liefdesdaad en daarom ook vrywillig van aard is. Verder word daar ook erkenning gegee aan die gebruik oor die jare heen, waarskynlik vanweë die geografiese verspreidheid en gebrek aan vervoermiddels in die verlede, dat die ampsdraers, en met spesifieke verwysing na die Diakens, van huis tot huis gegaan het om gemeentelede se offergawes in te samel en aan die gemeente se koffers oor te handig, vanwaar die gemeente homself in stand kon hou. Die gebruik het dan waarskynlik gegroei vanaf die ongereelde kollekteer op die plase wanneer die oes van die lande gekom het tot ‘n aksie wat vir baie dekades daarop gesentreer was om die “tiendes” van gesalarieerde gemeentelede op ‘n maadelikse basis te gaan haal.
In wese is offergawes egter wat die woord aandui: ‘n offer aan die Here uit dankbaarheid vir sy groot genade en liefde teenoor ons as sondige mense. By implikasie is ‘n offer ook iets wat ek dus uit liefde bring na God - vergelyk die Ou-Testamentiese gebruik van die Israeliete om altare te bou en hulle brandoffers daarheen te neem, of in latere tye na die tempels. Ons dink ook aan die fasiliteite wat by tempels ontstaan het waar die Jode die offeritems by die tempel gekoop het vir gebruik in die tempel. Die reëling was dat offers na die plek van aanbidding gebring is en nie noodwendig gaan haal is nie. In ons gemeente wil ons dus graag die gebruik van offergawes bring teenoor die gaan haal daarvan hervestig.
Dit is egter ook waar dat die vorm van die hedendaagse gemeente, met sy geboue, leraars, ondersteuningsdienste en uitreikaksies, baie soos enige sake-onderneming bedryf word en derhalwe gereelde maandelikse uitgawes in die gesig staar. Daarom is dit dus belangrik dat die gemeente se stoflike sake ook so bestuur moet word en is die kerkraad afhanklik van ‘n gereelde maandelikse inkomste ten einde die uitgawes te kan dek. Ons sien, ten spyte van al die materiële dinge rondom offergawe, ons offergawe steeds as ‘n dankie sê aan die Here en ‘n belegging in God se werk.
Offergawe
My belegging in die uitbreiding van God se koninkryk
Die gemeente Philadelphia samel sy offergawes op verskeie maniere in. Die meerderheid van lidmate maak gebruik van elektroniese offergawes op ‘n paar wyses, naamlik Debietorders, Aftrekorders en Internetbetalings. ‘n Mindere aantal lidmate bring hul offergawes na die kerk en plaas dit in die dankoffersakkies as kontant of tjeks, waarvan sommige hulself identifiseer deur die offergawe in ‘n koevert met hulle naam te sit, terwyl ander bloot ongeïdentifiseerde kontant in die sakkie plaas. ‘n Lidmaat kan ook versoek dat dit vir ‘n spesifieke doel aangewend word.
Bevestig asb die korrektheid van u inligting soos per die gemeenterekords. Indien iets nie korrek is nie, voltooi asb die vorm by die Info-tafel.
Ons sal dit ook waardeer indien u kan aandui wat u nuwe offergawe is, asook die datum waarop ons dit moet aanpas. Die gemeente se nuwe finasiële jaar begin met ingang 1 Maart.
Weereens baie dankie vir die belegging wat u maak in die uitbreiding van God se koninkryk.