BROOD-AKSIE
Wat is die Brood Aksie?
Die brood aksie is ‘n uitreik inisiatief van Philadlephia gemeente waar daar een keer ‘n maand, 140 brode uitgedeel word aan twee behoeftige woonstelblokke in Sunnyside Pretoria. Ons span beweeg van deur tot deur en deel aan elke gesin ‘n hele brood en ‘n skrifgedeelte daarmee saam uit.
Aan die einde van die jaar maak ons 140 kerspakkies op met basiese benodighede soos meel, suiker, seep ens. en deel hierdie uit saam met die gebruiklike brood en teksgedeelte aan die gesinne.
Die Doel?
Die doel van hierdie uitreik is om ‘n daad van liefde en omgee uit te voer. Een brood is nie naastenby genoeg om ‘n gesin te onderhou vir ‘n hele maand nie maar deur hierdie te doen poog ons om die konsep van God se liefde, genade en omgee te kommunikeer.
Hoe raak ek betrokke?
Met jou hande!
Hande is altyd nodig. Ons kom gewoonlik elke tweede laaste woensdag van die maand by Philadelphia gemeente om 17:00 vir 17:30 bymekaar. Dan vertrek ons saam (met saammry geleentheid) na Sunnyside. Datums verskil pertykeer of moet met tye geskuif word. Elke maand se datum, of hy dieselfde gebly het of verander het, sal ons vroegtydig bekend maak.
Finansiele Ondersteuning
Enige Finansiele bydrae is altyd nodig en word baie waardeer.
Kontak ons vir meer besonderhede om in hierdie area ons te help.
Borge:
Ons wil baie graag dankie sê aan Blue Ribbon Pretoria wat huidiglik elke maand se brood vir ons borg! Met julle hulp kry ons baie uitgerig!
Navrae
Thomas Dreyer
072 033 6456
Waldo Pretorius
071 619 6192