PHILADELPHIA GEMEENTE
Baie Welkom!
Dit is vir ons heerlik om jou hier in die Hervormde Gemeente Philadelphia te verwelkom. Dis die gebed in ons hart dat jou vasmeer in die gemeente (ons hawe) vir jou ‘n tyd van groei en ware ontmoeting met God sal wees.
Ons hoop dat jy die gemeenskap van gelowiges sal ervaar en baie gou reeds deel sal voel van hierdie besondere groep mense. Kom kuier saam ná erediens, kom eet saam tydens Nagmaaletes, skakel by ‘n Geloofsfokusgroep in en kom kamp saam. Jy sal die warmte beleef!
Ons is ‘n groeiende en dinamiese gemeente, maar nie te groot om te kan omgee nie. Daarom moet jy te alle tye die vrymoedigheid kan neem om een van die predikante of ‘n groepleier/kerkraadslid te kontak as daar enige saak is waarmee ons jou kan bystaan.
Wat gebeur?
EREDIENSTYE
Sondae 9:30 & 18:30
KONTAK ONS
Kerkkantoor: 012 362 7237
ADRES
127 Lunnonweg,
Hillcrest, Pretoria
25°45'28.22"S, 28°14'16.40"E
Tema vir 2024
#stuurmy
“Toe het ek die Here hoor vra: “Wie sal Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” “Ek sal gaan,” het ek gesê, “U kan my stuur!” Jesaja 6:8